Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Baba & Kleuter

October 2022 - January 2023
Magazine

Baba & Kleuter is die enigste Afrikaanse ouerskaptydskrif in die land. Ma's wat net die beste vir hul kinders wil hê maak staat op ons vir raad en inligting. Ons is passievol oor ouerskap en maak ma-wees makliker vir jou. Baba & Kleuter is`n ouerskaptydskrif wat alles dek van swangerskap tot en met graad een. Ons inspireer ons lesers met deeglike, inspirerende artikels om beter ouers te wees en hul kinders met selfvertroue groot te maak. Ons skep `n gemeenskap van oopkop Afrikaanse ouers wat almal glo in heilsame gesinne waar elke gesinslid hom- of haarself ten volle kan uitleef. Lees Baba & Kleuter, en jy sal klaar soos 'n beter ouer voel.

Baba & Kleuter

HEERLIKE SOMER!

LIEWE LAWWE GÍTTE • Gítte Rautenbach is ’n plaasmeisie van Patensie in die Oos-Kaap wat pas twee geword het. Ma Deidre vertel ons van hul eersteling.

Ons soek 2023 • se ses voorbladsterre

inboks

DEEL & WEN! • WEN ’N GESKENKPAK VAN STELLAR-MAMA TER WAARDE VAN R850!

Tschüss Zäme! UIT SWITSERLAND • Tertius en Elmien Barnard kyk soggens na die Alpe terwyl hulle koffie drink. Hul woon op die bergagtige Oberägeri in die hartjie van Europa.

Lekker & gesellige KUIERKOS • Dis somer en ons kan weer in groot groepe saam om ’n lang tafel kuier. Hierdie geregte is lekker lig, maar sal ’n blywende indruk maak!

KERSFEES: kom ons knip & plak • Word dié Kersfees kunstig. Hierdie twee papierprojekte is maklik, maar maak ’n groot impak. Boonop kan die kleingoed help om dit te prakseer.

NATUURLIK MOOI • Rottang en rietmeubels is weer in! Kombineer dit met kaal hout en growwe teksture om ’n natuurlike, warm gevoel te skep. Swart en wit aksente sorg vir ’n byderwetse voorkoms.

VIER SKEPPIES PRET! • As jy vier word en roomys jou gunsteling-ding in die wêreld is, is dit ’n verjaardagtema werd (en warm weer is hoeka om die draai!). Ma Madelein Koen van Rustenburg, Noordwes, inspireer met haar seuntjie, L.J., se roomyspartytjie.

LEES, VERF & WORD SLIM! • Die aanbod van plaaslike kinderboeke word net groter en beter. Geniet dit!

45 maniere om die lewe te vier!

OOS WES (veilig weer) TUIS BES • Na twee jaar waarin dit moeilik was om met vakansie weg te gaan, sal die paaie dié somer sekerlik besonder besig wees. Dink mooi oor jul veiligheid op die langpad.

Wat’s nuus?

WARE KRAAM?

GESUKKEL met die TWEEDE • Infertiliteit is nie net iets waarmee kinderlose paartjies sukkel nie. Baie ouers moet soms met ’n skok uitvind dat hulle, anders as met hul eerste of tweede swangerskap, sukkel om weer swanger te raak.

Voorbereiding is alles • Baie dele van jou lyf moet saamwerk wanneer jy die lewe skenk. Dis ’n natuurlike proses, maar jy sal nog steeds baie baat vind by goeie voorbereiding. Kry so krag vir kraam …

JOU KEISERSNEE-BLITSGIDS • Ons vertel jou stap vir stap wat alles tydens jou keisersnee gebeur – van die oomblik dat jy die hospitaal binnestap tot jy jou baba in jou arms hou.

BEGIN WEER BEWEEG • Jy's besig om van ’n geboorte te herstel, jy versorg ’n nuwe baba en jy pas aan by moederskap – ’n mens kan verstaan dat oefening die laaste ding is waaraan jy nou wil dink.

BOU JOU BABA hap vir hap • Twee strepies op ’n tuistoets kondig groot veranderinge aan; ook in jou koskas! Hoe moet jy jou eetgewoontes aanpas?

Hoe borsvoed ek suksesvol? • Watter praktiese wenke het ek nodig om te verseker dat ek in die eerste week ná my baba se geboorte goeie borsvoeding vestig?

Wat jy oor PROBI TIKA moet weet • Jy het dalk al gehoor dit word teen maagkwale ingespan en kan immuniteit aanhelp. Maar hoe presies werk probiotika – en kan jy dit met veiligheid vir jou baba of ouer kind gee? Ons dossier maak die wetenskap maklik.

PROBIOTIKA...

Expand title description text
Frequency: Quarterly Pages: 101 Publisher: Media 24 Ltd Edition: October 2022 - January 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: October 1, 2022

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans